Maria II | |
---|---|
Koningin van Engeland, Ierland en Skotland | |
Regeer | 13 Februarie 1689 – 28 Desember 1694 |
Voorganger | Jakobus II & VII |
Opvolger | Anna |
Mede-monarg | Willem III & II |
Eggenoot | Willem III & II |
Huis | Huis van Stuart |
Vader | Jakobus II & VII |
Moeder | Lady Anne Hyde |
Gebore | 30 April 1662; Sint James-paleis, Londen |
Oorlede | 28 Desember 1694; Kensington-paleis, Londen |
Maria II (30 April 1662 – 28 Desember 1694) het van 1689 tot met haar dood regeer as koningin van Engeland, Ierland en Skotland. Sy was ’n Protestant wat dié lande se trone bestyg het ná die Glorious Revolution, wat gelei het tot die afsetting van haar Katolieke pa, Jakobus II en VII. Maria het saam met haar man en neef, Willem III en II, regeer. Willem het ná haar dood in 1694 alleenheerser geword. Daar word gewoonlik na hul gesamentlike bewind verwys as dié van "Willem en Maria".
Maria, die bloederfgenaam, het minder mag as haar man gehad terwyl Willem in Engeland was, hoewel hy swaar op haar geleun het. Wanneer Willem egter op een van sy militêre ekspedisies in die buiteland was, het sy haarself bewys as ’n magtige, ferm en doeltreffende heerser.[1]