Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Marokko |
Provinsie | Marrakech-Tensift-El Haouz |
Koördinate | 31°38′N 08°00′W / 31.633°N 8.000°W |
Gestig op | 7 Mei 1070 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 62 vk km |
Hoogte bo seevlak | 466 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2014) | 928 850 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 717/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
Burgemeester | Fatima-Zahra Mansouri |
Marrakesj (مراكش) is 'n stad in die weste van Marokko en is die hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die stad het 928 850 inwoners in 2014 gehad en het 'n oppervlakte van 62 km². Marrakesj een van die vier koningsstede van Marokko, saam met Fez, Meknes en Rabat. Die stad is op die vrugbare Haouzvlakte aan die voet van die Hoë Atlas geleë. Die Medina van Marrakesj is in 1985 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.