Mars Express | |
---|---|
Operateur | ESA |
Soort tuig | Wenteltuig, landingstuig |
Satelliet van | Mars |
Gelanseer | 2 Junie 2003 |
Begin wentel | 25 Desember 2003 |
Lanseringsvuurpyl | Sojoes-FG/Fregat |
Duur van sending | Minstens tot 2014 |
Massa | 1 123 kg |
Wentelperiode | 7,5 uur |
Webtuiste | ESA Mars Express |
Mars Express is ’n verkenningstuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA). Die planetêre sending was die agentskap se eerste en het ten doel om die planeet Mars te verken. Die naam verwys onder meer na sy relatief kort reistyd: dit is gelanseer op ’n tyd toe die Aarde en Mars se wentelbane die naaste aan mekaar in 60 000 jaar was.
Die wenteltuig het uit twee dele bestaan: die Mars Express-wenteltuig en die Beagle 2-landingstuig. Hoewel die Beagle 2 se landing misluk het, doen die wenteltuig sedert vroeg 2004 wetenskaplike opmetings en neem hoëresolusiefoto's. Weens die tuig se sukses is die sending al vyf keer verleng, die laaste keer tot 2014.[1][2]