Martin McDonagh | |
McDonagh in 2012.
| |
Geboorte | 26 Maart 1970 Camberwell, Londen, Engeland |
---|---|
Nasionaliteit | Brits, Iers |
Beroep(e) | Rolprentregisseur, dramaturg |
Aktiewe jare | 1996-tans |
Rolprente | In Bruges Seven Psychopaths Three Billboards Outside Ebbing, Missouri |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Martin McDonagh (gebore 26 Maart 1970) is ’n Britse en Ierse dramaturg, draaiboekskrywer en regisseur. Hy het as seun van Ierse ouers in Londen grootgeword en het dubbele Britse en Ierse burgerskap.[1] Hy is al beskryf as een van die belangrikste lewende dramaturge in Ierland.[2]
McDonagh het in 2006 ’n Oscar gewen vir beste lewende-aksie-kortprent en in 2018 ’n Golden Globe vir beste draaiboek.