Maseru | |
---|---|
Maseru soos gesien vanaf die Parlement Hill | |
Koördinate: 29°18′36″S 27°28′48″O / 29.31000°S 27.48000°O | |
Land | Lesotho |
Distrik | Maseru |
Stigting | 1869 |
Oppervlak | |
• Totaal | 138 km2 (53 vk. myl) |
Hoogte | 1 600 m (5 200 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 227 880 |
• Digtheid | 1 651,3/km2 (4 277/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Maseru is sedert 1884 die hoofstad en grootste stad in Lesotho. Die stad het 'n bevolking van 227 880 in 2006 gehad met 'n oppervlakte van 138 km². Maseru grens aan Suid-Afrika, waar meeste van die stad se bevolking werk. Dit is 'n relatief klein stad (per oppervlakte) en is selfs kleiner as Ladybrand. Die stad lê langs die Caledonrivier (Mohokare-rivier in Lesotho). Die naam Maseru beteken plek van die rooi sandklip in Suid-Sotho.[1][2] Maseru is in 1869 deur die Britte gestig nadat die Verenigde Koninkryk Basoetoland geannekseer het.