Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Saoedi-Arabië |
Provinsie | Makkah |
Koördinate | 21°25′N 39°49′O / 21.417°N 39.817°O |
Stigting | 4de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 850 vk km |
Hoogte bo seevlak | 300 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2007) | 1 700 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 200/vk km |
Tydsone | UTC +3 |
Burgemeester | Osama Al-Bar |
Amptelike webwerf | holymakkah.gov.sa |
Mekka (Arabies: مكة, ook "Mekka, die Eerwaarde", مكة المكرّمة) is die heiligste stad van die Islam en lê in Saoedi-Arabië.[1] Mekka het 'n bevolking van 1 700 000 (2007-sensus) en 'n oppervlakte van 850 km². Die Kaäba in Mekka is die rigting, of kiebla, van die daaglikse islamitiese gebed. In 570 is Mohammed, die profeet van Islam, in Mekka gebore. In 610 begin die Islamitiese openbaring en Mekka is een van die twee stede waar Mohammed die Koran van Allah ontvang. Met die vlug van Mohammed na Medina in 622 begin die Islamitiese kalender. Tradisioneel is die stad vir nie-Moslems gesluit.