Mongoolse Ryk

Их Монгол Улс
Ich Mongol Oels

Groot Mongoolse Staat
1206 – 1368
Ligging of Mongoolse Ryk
Ligging of Mongoolse Ryk
Die uitbreiding van die Mongoolse Ryk van 1206 tot 1297.
Hoofstad Avarga (1206–35)
Karakoroem (1235–60)
Dadoe (1260–1368)
Taal/Tale Mongools
Turkse tale
Chinees
Irannees
Godsdiens Sjamanisme
later Boeddhisme, Christendom, Islam en ander
Regering Monargie
Khagan
 - 1206–1227 Djengis Khan
 - 1229–1241 Ögedei Khan
 - 1246–1248 Güyük Khan
 - 1251–1259 Möngke Khan
 - 1260–1294 Koeblai Khan
 - 1333–1370 Toghan Temür Khan
Wetgewer Koeroeltai
Historiese tydperk Middeleeue
 - Djengis Khan stig die "Groot Mongoolse Staat" 1206
 - Dood van Djengis Khan 1227
 - Pax Mongolica 1210–1350
 - Ryksdeling 1260–1264
 - Val van die Yuan-dinastie 1368
 - Verbrokkeling van die Tsjagatai-khanaat 1687
Oppervlakte
 - 1279[1][2] 33 000 000 km2
12 741 371 sq mi
Geldeenheid verskeie
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Khamag-Mongole
Jin-dinastie (1115–1234)
Song-dinastie
Abbasidiese Kalifaat
Kiëf-Roes
Tsjagatai-khanaat
Goue Horde
Il-khanaat
Yuan-dinastie
Timoeriede

Die Mongoolse Ryk (Mongools: Монголын эзэнт гүрэн, ), amptelik die Groot Mongoolse Staat (Их Монгол Улс, Ich Mongol Oels), het van 1206 tot 1368 bestaan en was die grootste aaneenlopende ryk in die geskiedenis.[3] Dit het op die steppe van Sentraal-Asië ontstaan en eindelik gestrek van Sentraal-Europa tot die See van Japan, noordwaarts tot in Siberië, oos- en suidwaarts tot op die Indiese subkontinent, in Indo-China en op die Iranse plato en weswaarts tot by die Levant en Arabië.

Djengis Khan, wat in 1206 as leier aangewys is, het die Mongoolse en Turkse volke in die gebied van die huidige staat Mongolië verenig en die Groot Mongoolste Staat gestig. In die daaropvolgende dekades het hy en sy opvolgers groot dele van Asië en Oos-Europa verower.[4][5][6][7][8][9] Die groot transkontinentale ryk het die ooste en weste verbind en dit het gelei tot die uitbreiding van handel en die uitruil van tegnologie en ideologieë oor Eurasië heen.[10][11]

Die Mongoolse invalle het gelei tot van die mees verwoestende oorloë in die menslike geskiedenis. In Iran het dit gelei tot uitwissing, siekte en die verwoesting van besproeiingstelsels, wat weer gelei het tot massa-emigrasie, hongersnood en ’n drastiese afname in die bevolking. Die historikus Steve Ward raam driekwart van die bevolking, sowat 10 miljoen tot 15 miljoen mense, het gesterf en dat Iran eers weer in die 20ste eeu sy bevolkingstal van die voor-Mongoolse tyd bereik het.[12]

Die ryk het begin verbrokkel weens oorloë oor opvolging – die kleinkinders van Djengis Khan het gestry oor of die koninklike lyn vanaf sy oudste seun en aanvanklike erfgenaam, Ögedei, moes loop of vanaf een van sy ander seuns soos Toloei, Tsjagatai of Djotsji. Die Toloei-lyn het eindelik die stryd gewen, maar onmin het daarna voortgeduur onder Toloei se afstammelinge. Ná Möngke Khan se dood het verskillende prinslike rade, of koeroeltai, verskillende opvolgers gekies – die broers Ariq Böke en Koeblai Khan – wat nie net teen mekaar geveg het nie, maar ook die afstammelinge van ander seuns van Djengis die stryd aangesê het.[13] Koeblai het eindelik die bewind oorgeneem, maar ’n burgeroorlog het ontstaan toe hy beheer probeer kry oor die Tsjagatai- en die Ögedei-familie.

Teen die tyd van Koeblai se dood in 1294 het die Mongoolse Ryk verdeel in vier verskillende khanate, of ryke, elk met sy eie belange en doelwitte: die Goue Horde in die noordweste, die Tsjagatai-khanaat in die weste; die Il-khanaat in die suidweste en die Yuan-dinastie in die moderne Beijing.[14] In 1304 het die drie westelike khanate vir ’n kort ruk die opperheerskappy van die Yuan-dinastie aanvaar,[15][16] maar dié dinastie is later, in 1368, omvergewerp deur die Han-Chinese Ming-dinastie. Die Mongole het daarna na Mongolië teruggekeer en in hul oorspronklike land voortgeheers.

  1. Jonathan M. Adams, Thomas D. Hall and Peter Turchin (2006). East-West Orientation of Historical Empires.Journal of World-Systems Research (University of Connecticut). 12 (no. 2): 219–229.
  2. Morgan. The Mongols. bl. 5.
  3. Morgan. The Mongols. bl. 5.
  4. Diamond. Guns, Germs, and Steel. bl. 367.
  5. The Mongols and Russia, deur George Vernadsky
  6. The Mongol World Empire, 1206–1370, deur John Andrew Boyle
  7. The History of China, deur David Curtis Wright. bl. 84.
  8. The Early Civilization of China, deur Yong Yap Cotterell, Arthur Cotterell. bl. 223.
  9. Mongols and Mamluks: The Mamluk-Ilkhanid War, 1260–1281, deur Reuven Amitai-Preiss
  10. Gregory G. Guzman "Were the barbarians a negative or positive factor in ancient and medieval history?", The Historian 50 (1988), 568-70.
  11. Allsen. Culture and Conquest. bl. 211.
  12. R. Ward, Steven (2009). Immortal: A Military History of Iran and Its Armed Forces. Georgetown University Press. p. 39. ISBN 1-58901-258-5.
  13. Michael Biran. Qaidu and the Rise of the Independent Mongol State in Central Asia. The Curzon Press, 1997, ISBN 0-7007-0631-3
  14. The Cambridge History of China: Alien Regimes and Border States. bl. 413.
  15. Jackson. Mongols and the West. bl. 127.
  16. Allsen. Culture and Conquest. bl. xiii, 235.

Developed by StudentB