Myles Kennedy | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Myles Richard Bass |
Gebore | 27 November 1969 Boston, Massachusetts, V.S.A |
Oorsprong | Spokane, Washington, V.S.A |
Genres | Rock |
Beroep(e) | Musikant, liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 1988 – hede |
Etikette | |
Assosiasies | Alter Bridge |
Webwerf | myleskennedy |
Myles Richard Bass[1] (gebore 27 November 1969), beter bekend as Myles Kennedy,[2] is 'n Amerikaanse sanger, kitaarspeler, en liedjieskrywer. Hy is die hoofsanger en ritmekitaarspeler van die rockgroep Alter Bridge en die hoofsanger in kitaarspeler Slash se musiekgroep, bekend as Myles Kennedy and the Conspirators. 'n Voormalige kitaarinstrukteur van Spokane, Washington, Kennedy het as 'n sessie-musikant en liedjieskrywer gewerk, sowel ateljee- as lewendige optredes met verskeie kunstenaars gemaak, en was deur sy loopbaan by verskeie projekte betrokke.