Myspace

Myspace
Taal(e) Engels
Huidige status Aktief
URL myspace.com

Myspace (voorheen gestileer as MySpace) is 'n webwerf wat in die Verenigde State gebaseer is en op sosiale netwerking gerig is, met gebruikers wat onder meer webjoernale, profiele, groepe, ensovoorts bou. Só 'n webtuiste word ook 'n virtuele gemeenskap genoem. Dit was die eerste sosiale netwerk wat 'n wêreldwye gehoor bereik het en het 'n beduidende invloed op tegnologie, popkultuur en musiek gehad.[1] Die webwerf het 'n kritieke rol gespeel in die vroeë groei van maatskappye soos YouTube[2] en het 'n ontwikkelaarplatform geskep wat onder andere die suksesse van Zynga, RockYou en Photobucket bekendgestel het.[3] Van 2005 tot 2009 was Myspace die grootste sosiale netwerk-webwerf ter wêreld.[4][5]

In Julie 2005 is Myspace deur News Corporation vir $580 miljoen[6] bekom en in Junie 2006 het dit Yahoo! en Google om die mees besoekte webwerf in die Verenigde State te word.[7][8] Dit het $800 miljoen se inkomste gedurende die 2008-boekjaar gegenereer.[9] Op sy hoogtepunt in April 2008 het Myspace en Facebook 115 miljoen maandelikse besoekers bereik, maar Myspace het verloor teen die nuut opkomende Facebook in terme van globale gebruikers.[10] In Mei 2009 het Facebook Myspace verbygesteek in sy aantal unieke Amerikaanse besoekers.[11] Sedertdien het die aantal Myspace-gebruikers geleidelik afgeneem ten spyte van verskeie herontwerpe.[12] Teen 2019 het die webwerf se maandelikse besoekers tot sewe miljoen gedaal.[10]

In Junie 2009 het Myspace ongeveer 1 600 werknemers in diens gehad.[13][14] In Junie 2011 het Specific Media Group en Justin Timberlake die maatskappy gesamentlik vir ongeveer $35 miljoen gekoop.[15] Op 11 Februarie 2016 is aangekondig dat Myspace en sy moedermaatskappy deur Time Inc. vir $87 miljoen gekoop is.[16][17] Time Inc. is op sy beurt op 31 Januarie 2018 deur Meredith Corporation gekoop.[18] Op 4 November 2019 het Meredith Myspace en sy oorspronklike beheermaatskappy (Viant Technology Holding Inc.) afgeskei en dit aan Viant Technology LLC verkoop.[19]

  1. Molloy, Fran (27 Maart 2008). "Internet connectivity " Science Features (ABC Science)". Abc.net.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2020. Besoek op 19 Oktober 2012.
  2. Cashmore, Pete (13 September 2006). "MySpace: We'll Crush YouTube". Mashable (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020. Besoek op 25 Mei 2020.
  3. "MySpace is a big gaming platform but it hopes to be more of one". VentureBeat. 24 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2020. Besoek op 19 Oktober 2012.
  4. "The rise and fall of MySpace | Financial Times". Financial Times. 4 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2020. Besoek op 25 Mei 2020.
  5. "These are 13 of the most popular social networks a decade ago that have died or faded into obscurity". Business Insider. 23 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2022. Besoek op 15 Oktober 2022.
  6. "News Corporation". Newscorp.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2013. Besoek op 23 Oktober 2011.
  7. "Google's antisocial downside". CNET News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2020. Besoek op 11Junie 2020. {{cite web}}: Gaan datum na in: |access-date= (hulp)
  8. Pete Cashmore (11 Julie 2006). "MySpace, America's Number One". Mashable.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2010. Besoek op 24 Julie 2010.
  9. Dignan, Larry (8 Augustus 2007). "Fox Interactive turns annual profit; MySpace revenue to top $800 million in fiscal 2008". ZDNet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2013. Besoek op 19 Oktober 2012.
  10. 10,0 10,1 Moreau, Elise (21 Januarie 2022) [2021-02-24]. "Is Myspace Dead or Does It Still Exist?". Lifewire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2023.
  11. Albanesius, Chloe (16 Junie 2009). "More Americans Go To Facebook Than MySpace". PCMag.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  12. Felix Gillette (22 Junie 2011). "The Rise and Inglorious Fall of Myspace". Bloomberg Businessweek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 23 Junie 2011. Alt URL Geargiveer 25 Junie 2011 op Wayback Machine
  13. Vascellaro, Jessica E. (30 Junie 2011). "News Corp. Selling Myspace to Specific Media". The Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2020. Besoek op 23 Oktober 2011.
  14. "MySpace Executes 30% Staff Reduction Today". TechCrunch. 16 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2020. Besoek op 23 Oktober 2011.
  15. Fixmer, Andy, "News Corp. Calls Quits on Myspace With Specific Media Sale" Geargiveer 1 Julie 2011 op Wayback Machine, Business Week, 29 Junie 2011
  16. Spangler, Todd (11 Februarie 2016). "Time Inc. Buys Myspace Parent Company Viant". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2020. Besoek op 28 Desember 2017.
  17. Spangler, Todd (11 Februarie 2016). "Time Inc. Buys Myspace Parent Company Viant". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2020. Besoek op 30 September 2016.
  18. Chokshi, Niraj (19 Maart 2019). "Myspace, Once the King of Social Networks, Lost Years of Data From Its Heyday". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2020. Besoek op 18 Junie 2019.
  19. "Meredith Corporation Sells Equity Stake in Viant Technology Holding Inc". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2022. Besoek op 20 Januarie 2022.

Developed by StudentB