| |||||
Nasionale leuse: जननी जन्मभूमिश्च स्वर्गादपि गरीयसी Janani Janmabhumishcha Swargadapi Gariyasi (Sanskrit vir: "Jou moeder en vaderland is belangriker as die hemel") | |||||
Volkslied: सयौँ थुँगा फूलका Sayaun Thunga Phulka (Sanskrit vir: "Gemaak van honderde blomme") | |||||
Hoofstad | Katmandoe | ||||
Grootste stad | Katmandoe | ||||
Amptelike tale | Nepaleesa; Bhojpuri, Maithili en Newarib | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike republiek Ram Chandra Poudel Ram Sahaya Yadav KP Sharma Oli | ||||
Onafhanklikheid Vereniging
• Koninkryk uitgeroep • Verdrag van Sugauli • Nepalees-Britse Verdrag • Staat uitgeroep • Republiek uitgeroep • Huidige grondwet |
25 September 1768[1] 4 Maart 1816 21 Desember 1923 15 Januarie 2007 28 Mei 2008 20 September 2015 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
147 181[2] km2 (95ste) 56 827 myl2 2,8 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
31 122 387[2] (50ste) 26 494 504[3] 211,5 / km2 (49ste) 547,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,601[5] (146ste) – medium | ||||
Gini (2010) | 32,8[6](115ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Roepee (NPR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
NPT (UTC+05:45) nie toegepas nie (UTC+05:45) | ||||
Internet-TLD | .np | ||||
Skakelkode | +977 | ||||
a. op nasionale vlak; in ses provinsies. b. op nasionale vlak; in een provinsie. |
Nepal (Nepalees: नेपाल, Nepāl, [neˈpal], ), amptelik die Federale Demokratiese Republiek Nepal (सङ्घीय लोकतान्त्रिक गणतन्त्र नेपाल, Sanghiya Loktāntrik Ganatantra Nepāl),[7] is 'n landingeslote land in Suid-Asië. Dit is tussen die Volksrepubliek China in die noorde en Indië in die suide binne die Himalaja geleë. Nepal beslaan 'n oppervlakte van 147 181 km² en het 'n bevolking van 31 122 387 in 2024 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Katmandoe.
Nepal grens in die noorde aan die Chinese outonome gewes Tibet, asook in die weste (Uttarakhand), suide (Uttar Pradesh en Bihar) en ooste (Sikkim en Wes-Bengale) aan Indië. Bangladesj is slegs sowat 27 km van Nepal se mees suidoostelike punt geleë en Bhoetan word deur die Indiese deelstaat Sikkim van Nepal geskei. Die land se geografie word deur die Himalaja gekenmerk en behels Berg Everest op die grens met die Chinese outonome gebied Tibet.
Nepal is 'n multi-etniese land met Nepalees as amptelike taal op federale vlak. Daarbenewens dien verskeie ander inheemse tale soos Bhojpuri, Maithili en Newari as amptelike tale van Nepalese provinsies. Die belangrikste godsdiens is Hindoeïsme, gevolg deur Boeddhisme en albei godsdienste het hul oorsprong in die hedendaagse Nepal. Die Nepalese kultuur in die noorde is sterk deur die Tibettaanse s'n beïnvloed, terwyl die Indiese kultuur in die suide 'n sterk invloed toon.
Nepal is in die 18de eeu onder die Koninkryk Ghorka verenig en die Shah-dinastie het die Koninkryk Nepal gestig. Hulle het 'n alliansie met die Britse Ryk gesluit, maar Nepal is nooit deur Brits-Indië beheer nie en het as bufferstaat tussen die Britse besitting in die suide en die Chinese Keiserryk in die noorde gedien, saam met die onafhanklike Himalaja-koninkryke Sikkim en Bhoetan verder oos. Nepal het in 1951 'n parlementêre demokrasie geword, maar dit is twee keer deur die Nepalese monarge opgeskort, in 1960 en 2005. Ná die Nepalese burgeroorlog (1996–2006) is die monargie in 'n republiek omskep en die wêreldwyd laaste Hindoe-monargie beëindig.