Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Palau |
Deelstaat | Melekeok |
Koördinate | 07°30′N 134°37′O / 7.500°N 134.617°O |
Stigting | 2006 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 391 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
Tydsone | UTC +9 |
- Somertyd | UTC +9 |
Burgemeester | |
Amptelike webwerf |
Ngerulmud (Japannees: ンゲルルムッド) dien sedert 7 Oktober 2006 as die hoofstad van Palau, 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië, toe dit Koror vervang het. Dit is aan die ooskus van Babeldaob, Palau se grootste eiland, geleë. Ngerulmud is sowat 20 km noordoos van Koror en 2 km noordwes van Melekeok geleë. Met minder as 300 inwoners is Ngerulmud die mins bevolkte hoofstad van 'n soewereine staat, nog voor die Vatikaanstad.
Ngerulmud is in 2006 as nuwe hoofstad van Palau gestig en het die voorlopige hoofstad Koror vervang. Volgens Palau se grondwet uit 1979 moes die regering binne tien jaar 'n amptelike hoofstad op die hoofeiland Babeldaob benoem.[1] Vervolgens is die Kapitolkompleks na aanleiding van die Amerikaanse eweknie in Washington, D.C. deur die op Hawaii-gebaseerde maatskappy Architects Hawaii Ltd. (AHL) opgerig. Hulle het ook Palikir, die hoofstad van die Gefedereerde State van Mikronesië beplan.
Na die skuiwing was die presiese ligging van Palau se hoofstad onseker. Toe Ngerulmud in 2006 nog nie bestaan het nie,[2] het baie bronne die naaste nedersetting en naam van die deelstaat, Melekeok, as hoofstad aangegee. Die Duitse Auswärtige Amt (Buitelandse Kantoor) het in sy inskrywing oor Palau in 2015/16 die hoofstad van Melekeok na Ngerulmud verander.[3] Die Verenigde Nasies se webwerf beskou die deelstaat Melekeok as hoofstad,[4] terwyl Palau se regeringswebwerf nog steeds Koror as hoofstad van Palau beskou.[5] Die Amerikaanse Central Intelligence Agency gee Ngerulmud as Palau se hoofstad.[6]