Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Siprus |
Koördinate | 35°10′N 33°21′O / 35.167°N 33.350°O |
Stigting | 672 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 111 vk km |
Hoogte bo seevlak | 149 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 309 500 |
- Bevolkingsdigtheid | 901/vk km |
Etniese groepe: | |
- Grieke | 75% |
- Turke | 25% |
Tydsone | OET (UTC +2) |
- Somertyd | OEST (UTC +3) |
Burgemeester | Eleni Mavrou |
Amptelike Webwerf | nicosia.org.cy |
Nicosia (Grieks: Λευκωσία, Lefkosía, [lefkoˈsi.a]; Turks: Lefkoşa, [lefˈkoʃa]) is die hoofstad en grootste stad van die Republiek Siprus op die gelyknamige eiland in die Middellandse See. Net noord sluit Noord-Nicosia, die hoofstad van die nie-erkende Turkse Republiek van Noord-Siprus, aan. Albei stede word deur 'n buffersone onder administrasie van die Verenigde Nasies van mekaar geskei. Nicosia is die mees suidoostelike hoofstad van alle lidlande van die Europese Unie.
Volgens die Griekse mitologie was Nicosia (Lefkosia in Grieks) 'n sirene, een van die dogters van Acheloos en Melpomene en haar naam vertaal as "Wit Staat" of stad van Wit gode.
Nicosia is die suidoostelikste van alle EU-lidlande se hoofstede. Dit word vir meer as 4 500 jaar voortdurend bewoon en is sedert die 10de eeu die hoofstad van Siprus. Die Grieks-Sipriotiese en Turks-Sipriotiese gemeenskappe van Nicosia het vroeg in 1964 onderskeidelik in die suide en noorde van die stad geskei, na die gevegte van die Siprus-krisis van 1963–64 wat in die stad uitgebreek het. Die hoofstad is daarna in 'n suidelike deel vir Grieke en 'n noordelike deel vir Turke verdeel. 'n Staatsgreep deur die Griekse militêre junta in 1974 om Siprus met Griekeland te verenig het tot die Turkse inval in Siprus gelei, waarvolgens die internasionale gemeenskap Noord-Siprus sedertdien as 'n deur Turkye besette gebied beskou.
Afgesien van sy wetgewende en administratiewe funksies, het Nicosia homself gevestig as die eiland se finansiële hoofstad en sy belangrikste internasionale sakesentrum.[1] In 2018 was Nicosia die 32ste rykste stad ter wêreld in relatiewe koopkrag.[2]