Oerdoe word dikwels as 'n gestandaardiseerde en gepersianiseerde register van Hindoestani beskou.[6][7][8][9] Oerdoe is die amptelike taal en lingua franca van Pakistan. Oerdoe is een van die 22 geskeduleerde tale vir amptelike gebruik in die Republiek Indië, en geniet amptelike status in vyf deelstate, maar ook in die hoofstadgebied Delhi.
Aangesien beide registers uit dieselfde Indo-Ariese woordeskat saamgestel is,[10][11] is die gestandaardiseerde Oerdoe met die gestandaardiseerde Hindi onderling verstaanbaar,[12] en albei registers word saam as Hindoestani of Hindi–Oerdoe gegroepeer.[13][14][6][7] As die letterkundige woordeskat in ag geneem word, is Oerdoe sterk deur Persies beïnvloed, waarvolgens 'n kennis van Oerdoe 'n basiese kennis van Persiese woordeskat en grammatikale beginsels vereis,[15] terwyl Hindi sy formele en tegniese woordeskat aan Sanskrit ontleen het.[15]
Oerdoe het vanaf 1837, saam met Engels, pleks van Persies, in 'n aantal Indo-Islamitiese ryke (waaronder die Mogolryk) as ampstaal gedien.[16][17][18] Tydens die koloniale tydperk het godsdienstige, sosiale en politieke faktore daartoe bygedra, dat meer en meer tussen Oerdoe en Hindi onderskei is, wat tot die Hindi-Oerdoe-twispunt gelei het.[19] In die destydse Brits-Indië het Hindoestani as ampstaal gedien, maar met die Verdeling van Indië word meer en meer 'n verskil tussen Hindi en Oerdoe beklemtoon, veral uit politieke redes.
Volgens Nationalencyklopedin se 2010-skatting is Oerdoe, met sowat 66 miljoen moedertaalsprekers, die 21ste mees gesproke taal wêreldwyd.[20] Volgens Ethnologue se 2018-skatting is Oerdoe die elfde mees gebruikte taal wêreldwyd,[21] met altesaam 170 miljoen sprekers, insluitende diegene wat dit as 'n tweede taal gebruik.[22] Indien Hindi saam met Oerdoe as Hindoestani gegroepeer word, is dit die derde mees gebruikte taal wêreldwyd, met sowat 329,1 miljoen moedertaalsprekers en altesaam 697,4 miljoen sprekers van beide Hindi en Oerdoe.[23][24]
↑Artikel 5, Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
↑(en) "NIST 2007 Language Recognition Evaluation"(PDF). Alvin F. Martin, Audrey N. Le. Speech Group, Information Access Division, Information Technology Laboratory National Institute of Standards and Technology, USA. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2016.
↑(en) Rao, Chaitra; Vaid, Jyotsna; Srinivasan, Narayanan; Chen, Hsin-Chin (2011). "Orthographic characteristics speed Hindi word naming but slow Urdu naming: evidence from Hindi/Urdu biliterates". Reading and Writing. 24 (6): 679–695. doi:10.1007/s11145-010-9256-9. hdl:1969.1/158732.
↑(en) Gube, Jan; Gao, Fang (2019). Education, Ethnicity and Equity in the Multilingual Asian Context. Springer Publishing. ISBN978-981-13-3125-1.
↑(en) Kuiper, Kathleen (2010). The Culture of India. Rosen Publishing. ISBN978-1-61530-149-2.
↑(en) Ahmad, Rizwan (1 Julie 2008). "Scripting a new identity: The battle for Devanagari in nineteenth century India". Journal of Pragmatics. 40 (7): 1163–1183. doi:10.1016/j.pragma.2007.06.005.
↑(sv) Mikael Parkvall, "Världens 100 största språk 2007" (The World's 100 Largest Languages in 2007), in Nationalencyklopedin. 2010 estimatesGeargiveer 11 November 2012 op Wayback Machine