Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Oestradiol | |
---|---|
Chemie | |
IUPAC sistematiese naam | (17β)-estra-1,3,5(10)- triene-3,17-diol |
Chemiese formule | C18H24O2 |
Molêre massa | 272.38 g/mol |
CAS registernommer | 50-28-2 |
Farmakokinetika | |
Roete van toediening | Mondelings, transdermaal |
Biobeskikbaarheid | 97–99% is gebonde |
Metabolisme | lewer |
Eliminasie-halfleeftyd | ~13-17 uur |
Uitskeidingsroete | urine en sweetkliere |
Oestradiol, of meer presies, 17β-oestradiol, is 'n menslike geslagshormoon en steroïed, en die primêre vroulike geslagshormoon. Dit is genoem na en is belangrik in die regulering van die estrus en menstruele vroulike reproduktiewe siklusse. Oestradiol is noodsaaklik vir die ontwikkeling en instandhouding van die vroulike voortplantingstelsel se weefsel, maar dit het ook belangrike effekte in baie ander weefsel, insluitend been. Terwyl estrogeenvlakke in mans heelwat laer is as in vergelyking met vroue, het oestrogene ook noodsaaklike funksies in mans. Oestradiol word in die meeste vertebrata gevind sowel as baie skaaldiere, insekte, visse en ander diere.