Onegameer | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Onegameer | |
Kaart van die Onegameer | |
Koördinate: | 61°40′N 35°29′O / 61.667°N 35.483°O |
Ligging: | Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast, Wologda-oblast) |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 9 700 km² (3 700 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 30 m (98 vt) |
Maksimum diepte: | 127 m (417 vt) |
Volume: | 285 km³ (68 myl³) |
Lengte: | 245 km (152 myl) |
Breedte: | 91,6 km (56,9 myl) |
Opvangsgebied: | 62 800 km² (24 346 myl²) |
Invloei: | 58 riviere (Sjoeja, Soena, Wodla, Wytegra, Andoma) |
Uitvloei: | Swirrivier |
Eiland/e: | 1 369 (Kizji) |
Nedersettings: | Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji, Powenets |
Die Onegameer (Russies: Оне́жское о́зеро, Onezhskoe ozero, [ɐˈnʲɛʂskəɪ ˈozʲɪrə]; Fins: Ääninen of Äänisjärvi; Karelies: Oniegu of Oniegu-järve; Wepsies: Änine of Änižjärv) is die tweede grootste meer in Europa ná die Ladogameer met 'n oppervlakte van 9 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Petrozawodsk geleë. Dit word deur die Swirrivier met die naburige Ladogameer verbind, wat weereens deur die Newarivier met die Oossee verbind word. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Die Wolga verbind die Onegameer oor 'n kanaal met die Kaspiese See en deur die Wolga-Don-kanaal is ook die Swartsee en die Middellandse See toeganklik. Daarbenewens word die Onegameer via die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.
Belangrike stede rondom die Onegameer sluit in Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji en Powenets. In die meer is 1 369 eilande geleë, waarvan Kizji die bekendste is. Dié eiland se houtkerke, -kapelle en -huise is in 1990 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2021 is rotstekeninge rondom die Onegameer en die Witsee as Unesco-wêrelderfenisgebiede gelys.[1]