| |||||
| |||||
Leuse: Indivisibiliter ac Inseparabiliter (Latyns vir: "Onverdeelbaar en onafskeidbaar") | |||||
Volkslied: Gott erhalte Franz den Kaiser (Duits vir: "God beskerm Franz die keiser") | |||||
Oostenryk-Hongarye omstreeks 1914 | |||||
Hoofstad | Wene (Oostenryk) Boedapest (Hongarye) | ||||
Taal/Tale | Duits (Oostenryk) Hongaars (Hongarye) | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1867–1916 | Frans Josef I | ||||
- 1916–1918 | Karel I & IV | ||||
Wetgewer | Keiserlike Raad, Ryksdag van Hongarye | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Oostenryks-Hongaarse kompromis van 1867 | 30 Maart 1867 | ||||
- Ontbinding | 31 Oktober 1918 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1914 | 676 615 km2 261 243 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1914 skatting | 52 800 000 | ||||
Digtheid | 78 /km² 202,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Gulden Krone (vanaf 1892) |
Oostenryk-Hongarye (Duits: Österreich-Ungarn, Hongaars: Osztrák–Magyar), oftewel die Oostenryks-Hongaarse Monargie (Duits: Österreichisch-Ungarische Monarchie, Hongaars: Osztrák–Magyar Monarchia), was 'n staat in Sentraal-Europa vanaf 1867 tot 1918. Dit het bestaan uit Oostenryk en Hongarye en is deur slegs een monarg regeer. Die twee keisers en konings van Oostenryk-Hongarye was Frans Josef I en Karel I.
Die volle naam van die koninkryk was "Die Koninkryke en Lande Verteenwoordig in die Ryksraad en die Lande van die Kroon van St. Stefanus".
Met die nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog het die laaste Oostenrykse keiser afgetree, wat tot die beëindiging van die ryk gelei het.