Osaka 大阪市 Ōsaka-shi | |
---|---|
Stad | |
Ligging van Osaka in Japan (in rooi) | |
Koördinate: 34°41′38″N 135°30′08″O / 34.69389°N 135.50222°O | |
Land | Japan |
Eiland | Honsjoe |
Streek | Kansai |
Prefektuur | Osaka |
Regering | |
• Burgemeester | Ichirō Matsui |
Oppervlak | |
• Stad | 225,21 km2 (86,95 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 2 753 862 |
• Digtheid | 12 214/km2 (31 630/vk. myl) |
• Metro | 19 303 000 |
Tydsone | UTC+09:00 (Japan Standaardtyd) |
Skakelkodes | 06-6208-8181 |
Boom | Kersiebook |
Webwerf | city.osaka.lg.jp |
Osaka (Hepburn: Ōsaka, Japannees: 大阪, Ōsaka, [oːsaka], , letterlik: "groot heuwel" of "groot helling"), is die derde grootste stad in Japan met 'n bevolking van 2,7 miljoen. Die stad is geleë op Honsjoe-eiland, by die mond van die Jodorivier aan Osakabaai. Dit is een van Japan se hoofhandelsentrums en -hawens.
In die Nippon-shiki- en Kunrei-Romeinse stelsels is die stad se naam Ôsaka en in JSL Oosaka. Alternatiewe Hepburn-metodes verwys ook na die twee laasgenoemde alternatiewe spelvorms. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.