Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Burkina Faso |
Streek | Centre |
Provinsie | Kadiogo |
Koördinate | 12°21′N 1°32′W / 12.350°N 1.533°W |
Stigting | 15de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 219,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 305 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 1 626 950 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 727/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 727 390 |
Tydsone | UTC +0 |
Burgemeester | Armand Béouindé |
Ouagadougou ([ˌwɑːɡəˈduːɡuː]) is die hoofstad en grootste stad van Burkina Faso, asook die administratiewe, kommunikasie, kulturele en ekonomiese sentrum van dié land. Die stad se naam word dikwels verkort na Ouaga en die inwoners word ouagalais genoem. Die spelling van die naam "Ouagadougou" is afgelei van die Franse spelling algemeen in die voormalige Franse kolonies in Afrika. As die Engelse ortografie gebruik was (soos in Ghana of Nigerië), sou die spelling "Wagadugu" gewees het.[1]
Ouagadougou se primêre nywerhede is voedselverwerking en tekstiel. Dit word bedien deur 'n internasionale lughawe, met spoorverbindings na Abidjan in die Ivoorkus. Daar is geen spoordiens na Kaya nie. Daar is 'n teerpad na Niamey, Niger, suid na Ghana, en na die suidweste tot in die Ivoorkus. Ouagadougou was die perseel van Ouagadougou se Groot Mark, een van die grootste markte in Wes-Afrika, wat afgebrand het in 2003 maar sedertdien heropen het. Ander besienswaardighede sluit in die Nasionale Museum van Burkina Faso, die Moro-Naba Palace (plek van die Moro-Naba seremonie), die Nasionale Museum van Musiek en 'n paar handwerkmarkte.