Outisme, ook bekend as outismespektrum of outismespektrumsteuring (OSS), is ’n neuro-ontwikkelingsteuring wat vroeg in die lewe begin. Dit word gewoonlik deur 'n paar eienskappe gekenmerk, onder meer beperkte sosiale interaksie; beperkte verbale en nieverbale kommunikasie; en herhalende en stereotiepe gedrag.
Outisme is 'n spektrumsteuring, wat beteken dit kom in elke mens op 'n ander manier tot uiting. Sommige individue praat nie, terwyl ander spraakvermoëns goed bemeester. Daarom is daar 'n groot verskeidenheid steunbehoeftes in die outismespektrum.
Daar is verskeie teorieë oor wat outisme veroorsaak; dit is hoogs oorerflik en hoofsaaklik geneties van aard. Baie gene is egter betrokke en omgewingsfaktore kan ook 'n rol speel.[13][3] Die steuring kom dikwels saam met ander toestande voor, soos aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsteuring (AAHS), epilepsie en 'n intellektuele onvermoë.
Verskille bestaan steeds oor kwessies soos wat presies in die diagnose ingesluit moet word, of daar betekenisvolle subtipes is[14] en die betekenis van outismeverwante eienskappe in die breë bevolking.[15][16]
Die kombinasie van breër kriteria en 'n toenemende bewustheid het gelei tot 'n toename in die raming van die voorkoms van die steuring, en dit het wanopvattings veroorsaak soos dat OSS 'n epidemie is[17] en die mite dat inenting dit kan veroorsaak.[18] Outisme raak na raming 1% van kinders wêreldwyd.[11]
↑Corcoran J., Walsh J. (9 Februarie 2006). Clinical Assessment and Diagnosis in Social Work Practice. Oxford University Press, New York. p. 72. ISBN978-0-19-516830-3. LCCN2005027740. OCLC466433183.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑Sanchack KE, Thomas CA (Desember 2016). "Autism Spectrum Disorder: Primary Care Principles". American Family Physician. 94 (12): 972–979. PMID28075089.
↑Ji N, Findling RL (Maart 2015). "An update on pharmacotherapy for autism spectrum disorder in children and adolescents". Current Opinion in Psychiatry. 28 (2): 91–101. doi:10.1097/YCO.0000000000000132. PMID25602248. S2CID206141453.
↑Oswald DP, Sonenklar NA (Junie 2007). "Medication use among children with autism spectrum disorders". Journal of Child and Adolescent Psychopharmacology. 17 (3): 348–355. doi:10.1089/cap.2006.17303. PMID17630868.
↑ 11,011,1Zeidan, Jinan; Fombonne, Eric; Scorah, Julie; Ibrahim, Alaa; Durkin, Maureen S.; Saxena, Shekhar; Yusuf, Afiqah; Shih, Andy; Elsabbagh, Mayada (15 Mei 2022). "Global prevalence of autism: A systematic review update". Autism Research: Official Journal of the International Society for Autism Research. 15 (5): 778–790. doi:10.1002/aur.2696. ISSN1939-3806.
↑"Autism spectrum disorder fact sheet"(PDF). DSM5.org (in Engels). Amerikaanse Psigiatriese Vereniging. 2013. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 November 2016. Besoek op 13 Oktober 2013.
↑Mandy W, Lai MC (Maart 2016). "Annual Research Review: The role of the environment in the developmental psychopathology of autism spectrum condition". Journal of Child Psychology and Psychiatry, and Allied Disciplines. 57 (3): 271–292. doi:10.1111/jcpp.12501. eISSN1469-7610. ISSN0021-9630. OCLC01307942. PMID26782158.
↑Rosen NE, Lord C, Volkmar FR (Desember 2021). "The Diagnosis of Autism: From Kanner to DSM-III to DSM-5 and Beyond". Journal of Autism and Developmental Disorders. 51 (12): 4253–4270. doi:10.1007/s10803-021-04904-1. PMID33624215.
↑Chapman R, Veit W (November 2021). "Correction to: The essence of autism: fact or artefact?". Molecular Psychiatry. 26 (11): 7069. doi:10.1038/s41380-021-01057-6.
↑Wazana A, Bresnahan M, Kline J (Junie 2007). "The autism epidemic: fact or artifact?". Journal of the American Academy of Child and Adolescent Psychiatry (in English). 46 (6): 721–730. doi:10.1097/chi.0b013e31804a7f3b. PMID17513984.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)