Ovidius | |
---|---|
Standbeeld van Ovidius deur Ettore Ferrari in 1887 | |
Gebore | Publius Ovidius Naso 20 Maart 43 v.C. Sulmo, Italië, Romeinse Republiek |
Sterf | 17 of 18 n.C. Tomis, Scythia Minor, Romeinse Ryk |
Nasionaliteit | Antieke Rome |
Beroep | digter |
Bekend vir | Heroides, Amores, Ars Amatoria, Metamorfoses, Fasti, Tristia, Epistulae ex Ponto, Medea |
Publius Ovidius Naso (20 Maart 43 v.C. – 17 of 18 n.C.), algemeen bekend as Ovidius, was ’n Romeinse digter wat veral bekend is vir die Heroides, Amores en Ars Amatoria, drie groot versamelings erotiese gedigte, die Metamorfoses, ’n mitologiese heksametergedig, die Fasti, oor die Romeinse kalender, en die Tristia en Epistulae ex Ponto, twee gedigte wat hy in ballingskap aan die Swartsee geskryf het. Hy het ook ’n verlore tragedie, Medea, en ander kleiner werke geskryf.