| |||||
Volkslied: Belau rekid (Palauaans vir: "Ons Palau") | |||||
Hoofstad | Ngerulmud | ||||
Grootste stad | Koror | ||||
Amptelike tale | Engels en Palauaans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Surangel Whipps Jr. Uduch Sengebau Senior | ||||
Onafhanklikheid • Huidige grondwet
• Verdrag oor vrye assosiasie |
van die Verenigde State 2 April 1979 1 Oktober 1994 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
459 km2 (179ste) 177 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
17 907[1][2] (224ste) 20 918 46,7 / km2 121,0 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,826[4] (50ste) – hoog | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+9) nie toegepas nie (UTC+9) | ||||
Internet-TLD | .pw | ||||
Skakelkode | +680 |
Palau ( / pəlaʊ / ), amptelik die Republiek Palau (Engels: Republic of Palau, Palauaans: Beluu er a Belau), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar, sowat 800 km oos van die Filippyne en 3 200 km suid van Tokio. Aangesien dit in 1994 ontstaan het uit Verenigde Nasies trusteeskap (geadministreer deur die Verenigde State), is dit een van die wêreld se jongste en kleinste soewereine lande. In Engels word die naam soms as Belau gespel in ooreenstemming met die inheemse uitspraak. Dit is voorheen ook as Pelew gespel.[5] Palau bestaan uit sowat 340 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Gefedereerde State van Mikronesië beslaan die ander deel van dié argipel.[6]
Palau beslaan 'n oppervlakte van 459 km² en het 'n bevolking van sowat 21 500 in 2016 gehad. Palau is in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië, in die noordweste van Papoea-Nieu-Guinee en in die weste van die Gefedereerde State van Mikronesië geleë. Die hoofstad is Ngerulmud en die grootste stad is Koror.
As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Palau het op 1 Oktober 1994 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van Palau verantwoordelik.[7]
Palau is onderverdeel in 16 deelstate: