Paltsgraaf (Duits: Pfalzgraf, Latyn: comes palatinus) is 'n historiese adellike titel. Dit is 'n samestelling van die woorde "palts" (in die paleis of hof) en "graaf", ’n koninklike bestuursamptenaar.[1] 'n Paltsgraaf het as hofdienaar van hoë rang namens die Frankiese of Heilige Romeinse Keiser opgetree.[2]