Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Suriname |
Provinsie | Paramaribo |
Koördinate | 05°52′N 55°10′W / 5.867°N 55.167°W |
Stigting | 1603 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 182 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 240 924 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 300 /vk km |
Tydsone | UTC -03:00 |
Burgemeester |
Paramaribo is die hoofstad en grootste stad van Suriname. Die stad het in 2012 'n bevolking van 240 924 gehad en 'n oppervlakte van 182 km². Paramaribo is waarskynlik 'n verbastering van 'n Indiaanse naam "Parmirbo". Die stad lê aan die wesoewer van die rivier Suriname en aan die kus neffens die Atlantiese Oseaan. Die bynaam van Paramaribo is Par'bo. Die historiese stadsentrum is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.