Die term Pastoor (afgelei van Latyn: pastor vir "herder", "skaapwagter"[1]) verwys na kapelane wat in 'n kerk dien. Die term is in die 14de eeu van die Kerklatynse pastor ("herder van siele") ontleen en verwys sedert die Protestantse Hervorming hoofsaaklik na Protestantse kapelane. 'n Pastoor beskik gewoonlik oor 'n Pastorie, d.w.s. 'n ampswoning wat aan die kerk behoort.
Omdat die amp deur ordinasie toegeken word, is dit 'n lewenslange titel wat ook na die aftrede met die byvoeging emeritus (Latyn vir "uitgetree") gebruik word.