Perplexity.ai

Perplexity AI se kenteken.

Perplexity AI is 'n KI-kletsbot-gedrewe navorsings- en gespreksoekenjin wat navrae beantwoord deur natuurlike taalvoorspelteks te gebruik.[1][2] Perplexity, wat in 2022 bekendgestel is, genereer antwoorde deur bronne van die web af te gebruik en haal skakels binne die teksreaksie aan.[3] Perplexity werk op 'n halfgratis(freemium)-model; die gratis produk gebruik Anthropic se Claude 3 Haiku-model gekombineer met die maatskappy se selfstandige groot taalmodel (LLM) wat natuurliketaalverwerking (NLP) vermoëns insluit, terwyl die betaalde weergawe Perplexity Pro toegang het tot GPT-4, Claude 3, Mistral Large, Llama 3 en 'n eksperimentele "Perplexitʏ-model".[2][3][4] Vanaf vroeg in 2024 het dit ongeveer 10 miljoen maandelikse gebruikers.[5]

  1. Shrivastava, Rashi (11 April 2024). "'Like Wikipedia And ChatGPT Had A Kid': Inside The Buzzy AI Startup Coming For Google's Lunch". Forbes.
  2. 2,0 2,1 "TNB Tech Minute: Startup Perplexity Challenges Google With AI Search - Tech News Briefing - WSJ Podcasts". WSJ (in Engels). Besoek op 10 Januarie 2024.
  3. 3,0 3,1 Singh, Shubham (6 Januarie 2024). "Perplexity AI raises $73.6M in funding round led by Nvidia, Bezos, now valued at $522M". Business Today. Besoek op 15 Januarie 2024.
  4. Ghaffary, Shirin (23 April 2024). "AI Search Startup Perplexity Valued at $1 Billion in Funding Round". Bloomberg.
  5. Wiggers, Kyle (4 Januarie 2024). "AI-powered search engine Perplexity AI, now valued at $520M, raises $73.6M". TechCrunch (in Engels (VSA)). Besoek op 7 Januarie 2024.

Developed by StudentB