Persefone | |
---|---|
Griekse godin | |
Persefone, deur Carl Max Kruse.
| |
Naam | Persefone |
Godin van | Die lente |
Blyplek | Griekse onderwêreld |
Man | Hades |
Ouers | Zeus en Demeter |
Romeinse eweknie | Proserpina |
Persefone of Persephonê was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van die Aarde se vrugbaarheid en ook die godin van die onderwêreld. Sy was die dogter van Demeter alleen, of later van Demeter en Zeus. In die Olimpiese weergawe word sy die vrou van Hades (die onderwêreld).
Persefone is vandag ’n bekende figuur en haar verhaal is vol emosie: ’n onskuldige meisie, ’n moeder se hartseer oor haar ontvoering, en groot vreugde wanneer die dogter terugkeer. Dit verduidelik ook die kom en gaan van die seisoene.