Pfizer Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale farmaseutiese en biotegnologiese korporasie. Die korporasie se hoofkwartier is by 42ste Straat, Manhattan, New York stad. Die onderneming is genoem na sy medestigter, Charles Pfizer (1824-1906).
Pfizer ontwikkel en vervaardig medisyne en entstowwe vir immunologie, onkologie, kardiologie, endokrinologie en neurologie. Die onderneming produseer bekende medisyne en produkte wat jaarliks meer as $1 miljard se inkomste genereer.
In 2020 het 50% van die onderneming se inkomste uit die Verenigde State, 8% elk uit China en Japan en 36% uit ander lande gekom.
Pfizer was 'n komponent van die Dow Jones Industrial Average se aandelemarkindeks van 2004 tot Augustus 2020.[1][2][3][4][5][6]