Pietermaritzburg | |
---|---|
Stad | |
Pietermaritzburg se stadsaal uit die jaar 1893 is na bewering die grootste baksteengebou in die Suidelike Halfrond. Die stadsaal is in 1895 deur 'n brand verwoes en in 1901 herbou. | |
Byname: Maritzburg, PMB | |
Leuse(s): "City of Choice"[1] (Stad van keuse) | |
Koördinate: 29°37′S 30°23′O / 29.617°S 30.383°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Umgungundlovu |
Munisipaliteit | Msunduzi |
Stigting | 1838[2] |
Regering | |
• Burgemeester | Mzimkhulu Thebolla (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 126,15 km2 (48,71 vk. myl) |
Bevolking (2011)[3] | |
• Totaal | 223 448 |
• Digtheid | 1 771/km2 (4 590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14,2% |
• Indiërs/Asiërs | 8,4% |
• Bruin mense | 6,9% |
• Swart mense | 70,0% |
• Ander | 0,5% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 57,0% |
• Engels | 28,9% |
• Afrikaans | 4,2% |
• Xhosa | 3,5% |
• Ander | 6,3% |
Poskode (strate) | 3180 |
Poskode (posbusse) | 3180 |
Skakelkode | 034 |
Webwerf | Msunduzi-munisipaliteit |
Pietermaritzburg (ook bekend slegs as Maritzburg) is die hoofstad van die provinsie KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die stad, wat 596 meter bo seevlak in die hart van Zoeloeland lê, was oorspronklik die eerste hoofstad van die Boererepubliek Natalia. Desondanks het die stad vandag 'n sterk Britse voorkoms. Danksy die bewaring van sy historiese geboue word Pietermaritzburg dikwels as een van die mooiste Victoriaanse stede in Afrika beskryf.[4]