Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Kwartêr | Holoseen | 0–0,0117 | |||
Pleistoseen | Tarantium | 0,0117–0,126 | |||
Ionium | 0,126–0,781 | ||||
Kalabrium | 0,781–1,806 | ||||
Gelasium | 1,806–2,588 | ||||
Neogeen | Plioseen | Piasensium | ouer | ||
Die verdeling van die Kwartêr (IKS). |
Era | Periode | Epog | Tyd gelede (in miljoen jaar) |
---|---|---|---|
Kainosoïkum | Kwartêr | Holoseen | 0 - 0,0117 |
Pleistoseen | 0,0117 - 2,588 | ||
Neogeen | Plioseen | 2,588 - 5,333 | |
Mioseen | 5,333 - 23,03 | ||
Paleogeen | Oligoseen | 23,03 - 33,9 | |
Eoseen | 33,9 - 56,0 | ||
Paleoseen | 56,0 - 65,5 | ||
Mesosoïkum | Kryt | Laat | ouer |
Die Pleistoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 2,588 miljoen tot 11,56 duisend jaar gelede. Die Pleistoseen kom na die Plioseen en voor die Holoseen.
Die pleistoseen was 'n tydperk van globale afkoeling wat in die gematigde sones van die planeet tot 'n afwisseling van ystye en interglasiale tye gelei het.
Die flora en fauna het soos die huidige gelyk, behalwe dat daar steeds talle opvallende groot diere geleef het wat nou uigestorwe is. Van die diere was die mammoet en die mastodonte, die langhoringbison, die sabeltandkat, die reuseluiaard en die Amerikaanse perde en kamele. Daar was ook reusevoëls in die Amerikas, van die genus Teratornis. Al hierdie vorme het aan die einde van die laaste ystyd verdwyn en daar is baie debat oor die oorsake van hierdie uitsterwingsgolf, wat Kwartêre Uitwissing genoem word. Een van die teorieë is dat die mens Homo sapiens en sy verbeterde jagtegnieke die oorsaak was.[1]