Portugal

Portugese Republiek
República Portuguesa (Portugees)
Vlag van Portugal Wapen van Portugal
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Esta é a ditosa pátria, minha amada
(Portugees vir: "Dit is my geliefde, gelukkige vaderland")
Volkslied: A Portuguesa
(Portugees vir: "Die Portugese")
Ligging van Portugal
Hoofstad Lissabon

38°46′N 09°09′W / 38.767°N 9.150°W / 38.767; -9.150

Grootste stad Lissabon
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Marcelo Rebelo de Sousa
Luís Montenegro
Onafhanklikheid
Vorming
• Stigting
• Herstigting
• Souwereiniteit
• Koninkryk
• Erken
• Pouslik erken
• Herstel
• Eerste grondwet
• Republiek
• Redemokrasie
• Huidige grondwet


868
1095
24 Junie 1128
25 Julie 1139
5 Oktober 1143
23 Mei 1179
1 Desember 1640
23 September 1822
5 Oktober 1910
25 April 1974
25 April 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
92 090[1] km2  (111de)
35 556 myl2
1,2 (2015)[2]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
10 207 177[1] (92ste)
10 343 066[3]
110,8 / km2 (97ste)
287,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$485,742 miljard[4] (50ste)
$47 070[4] (40ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$298,949 miljard[4] (47ste)
$28 969[4] (39ste)

MOI (2022) 0,874[5] (42ste)  –  baie hoog
Gini (2023) 33,7[6] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
WET (UTC±0)
WEST (UTC+1)
Internet-TLD .pt
Skakelkode +351

Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣal], ), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpublikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad LissabonKaap Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal. Dit beslaan 'n oppervlakte van 92 090 km² en het 'n bevolking van 10 343 066 in 2024 gehad.[1]

Nasa-satellietbeeld van Portugal

Die in die 12de eeu gestigte Koninkryk Portugal het in die 15de eeu die tydperk van ontdekkings geïnisieer en in die eerste globale koloniale ryk ontwikkel. Die Koninkryk het die eerste en een van die grootste koloniale ryke met besittings in Afrika, Asië en Suid-Amerika geword, waarvan die agteruitgang in die 17de eeu begin het. In 1910 is die Portugese monargie in 'n militêre opstand verwyder en koning Emmanuel II is in ballingskap gedwing. Die Eerste Portugese Republiek is op 5 Oktober 1910 gestig en het tot en met generaal Gomes da Costa se staatsgreep in 1926 bestaan. Daarna was die land vir meer as 40 jaar onder die outoritêre diktatorskap van António de Oliveira Salazar. Die Angelierrewolusie op 25 April 1974 het dié regime omvergewerp en die pad gebaan vir die demokratiese Derde Portugese Republiek. Gelyktydig is die oudste koloniale ryk beëindig en dit in 1975 ontbind. Portugal is 'n lidstaat van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 4 April 1949), die Verenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en die Europese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986).

Portugal was oor 'n lang tydperk 'n emigrasieland; belangrike sentrums van die Portugese kultuur in die diaspora bestaan in Frankryk en in die Verenigde State (met sowat een tot twee miljoen Portugese elk) asook in Brasilië, Angola, Mosambiek, Switserland en Luxemburg. Brasilië en Spanje is belangrike bilaterale vennote. Toerisme is 'n belangrike ekonomiese sektor. Met sowat 17 miljoen toeriste elke jaar (in 2015)[7] is Portugal een van die mees besoekte lande wêreldwyd, gewilde bestemmings sluit in Algarve en die streek rondom die hoofstad Lissabon, maar ook die twee eilandgroepe Asore en Madeira. Die land is vir sy wynbou bekend, veral Portwyn, en 'n belangrike verskaffer van kurk.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Portugal". Central Intelligence Agency. Besoek op 13 September 2024.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 13 September 2024.
  3. (pt) "Censos 2021 – Divulgação dos Resultados Definitivos – Principais tendências ocorridas em Portugal na última década". Nasionale Statistiekinstituut. 23 November 2022. Besoek op 13 September 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Portugal". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 13 September 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 13 September 2024.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 13 September 2024.
  7. (de) Jochen Faget (28 Maart 2016). "Tourismusboom mit Schattenseiten". Deutsche Welle. Besoek op 13 September 2024.

Developed by StudentB