Postgenderisme is 'n sosiale, politieke en kulturele beweging wat fokus op die vervaging van die kulturele, sielkundige en sosiale rol van die binêre (tweeledige) geslagstelsel.[1][2] As 'n sosiale beweging begin postgenderisme by die argument dat die vervaging van klassieke gendervoorskrifte en geslagsrolle bevrydend is en streef dit daarna om geslagsverdelings iets van die verlede te maak.[1][2]
Ondersteuners van postgenderisme is van mening dat dit 'n arbitrêre en onnodige beperking op menslike potensiaal plaas. Hulle voorsien die wegdoening van onvrywillige sielkundige rolverdelings in die menslike spesie deur die toepassings van biotegnologie, neurotegnologie en reproduktiewe medisyne.[1]
Voorstanders van die beweging meen genderrolle en sosiale laagvorming is gewoonlik tot die nadeel van individue en die gemeenskap. In die lig van die radikale potensiaal vir gevorderde bystandsopsies vir voortplanting, voel hulle seks vir die doel van voortplanting sal óf uitgedien raak óf dat alle postgender mense die vermoë sal hê om, as hulle wil, 'n swangerskap tot aan die einde deur te voer én om iemand swanger te maak. Hulle glo genderrolle sal geen nut in so 'n gemeenskap hê nie.[1]
Postgenderisme as 'n kulturele verskynsel het sy wortels in feminisme, maskulisme, androginie, metroseksualiteit en transgenderisme.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)