Prince | |
---|---|
Prince in Parys, 2009 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Prince Rogers Nelson |
Ook bekend as | TAFKAP His Royal Badness |
Gebore | 7 Junie 1958 Minneapolis, Minnesota, Verenigde State |
Sterf | 21 April 2016 (op 57) Chanhassen, Minnesota, Verenigde State |
Genres | Pop |
Beroep(e) | Musikant, akteur |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1976–2016 |
Prince Rogers Nelson (7 Junie 1958–21 April 2016), beter bekend onder sy verhoognaam Prince, was 'n Amerikaanse popster, liedjieskrywer, multi-instrumentalis en akteur. Prince het in 1979 bekendheid verwerf met die liedjie I wanna be your lover, waarna treffers soos Purple Rain, Kiss en When Doves Cry gevolg het. Hy was ewe bekend vir sy flambojante verhoogpersoonlikheid.
Prince het erotiese lirieke met funkrock en tegnologie vermeng. Tien van sy albums het platinumstatus behaal en dertig van sy enkelspelers het die top 40-treffersparade gehaal.[1] Wêreldwyd het hy meer as 100 miljoen albums verkoop, wat hom een van die besverkoper-kunstenaars van alle tye maak.[2][3] Hy het in totaal sewe Grammy-,[4] 'n Golden Globe-,[5] en 'n Academy Award ingepalm.[6][7] Die Rolling Stone-tydskrif het Prince 27ste op sy lys van die 100 Grootste Kunstenaars van Alle Tye geplaas.[8] en in 2004 is hy op die Rock and Roll Hall of Fame vereer.[9]
Van 1993 tot 2000 het hy sy naam na 'n simbool, wat soos O(+> lyk, verander. Aangesien hierdie simbool nie uitgespreek kan word nie, is hy "die kunstenaar voorheen bekend as Prince" genoem. Behalwe sy musikale loopbaan, was hy ook 'n "talentpromotor" vir kunstenaars soos Sheila E., Carmen Electra, The Time en Vanity 6.[1]