Île-du-Prince-Édouard Prince Edward Island Prins-Edward-eiland | |||||
---|---|---|---|---|---|
| |||||
Leuse : Parva sub Ingenti | |||||
Ander provinsies en gebiede van Kanada | |||||
Land | Kanada | ||||
Hoofstad | Charlottetown 46° 14' N, 63° 09' W | ||||
Grootste stad | Charlottetown | ||||
Goewerneur-generaal | Antoinette Perry | ||||
Eerste Minister | Dennis King (PC) | ||||
Oppervlakte | 5 683,56 km² | ||||
- Land | 5 683,56 vk km | ||||
- Water | 0 vk km (0%) | ||||
Bevolking (1ste kwartaal 2015) | |||||
- Totaal | 146 455 inw. | ||||
- Digtheid | 25,8 inw./vk km | ||||
Toelating tot die Kanadese Federasie | |||||
- Datum | 1 Julie 1873 | ||||
Verteenwoordiging in die Parlement | |||||
- Parlement | 4 | ||||
- Senaat | 4 | ||||
Posafkorting | PE | ||||
Voorsetsel by poskode | C | ||||
Tydsone | UTC -41 | ||||
Internet-domein | .pe.ca | ||||
Prins-Edward-eiland of Prins-Eduard-eiland (Engels: Prince Edward Island, dikwels kort PEI of P.E.I., Frans: Île-du-Prince-Édouard, Mi'kmaq: Epekwitk of Abegweit) is 'n eiland en Atlantiese provinsie van Kanada. Die eiland, wat dikwels ook die "Tuin in die Golf" genoem word, is die kleinste provinsie in die Kanadese Federasie en vernoem na Prins Edward Augustus, hertog van Kent (1767-1820), die vader van koningin Victoria.
Die halfmaanvormige eiland in die Golf van Sint-Laurens word danksy sy ligging agter die rotskuste van die eiland Newfoundland in die ooste en die Provinsie Nova Scotia in die weste teen die tierende Atlantiese stormwinde beskerm en het gevolglik 'n meer gematigde klimaat as die ander seeprovinsies van Kanada. Prins-Edward-eiland word sedert 1997 deur die Konfederasie-brug met die provinsie Nieu-Brunswyk in die weste verbind.