Protagoras | |
Demokritos (middel) en Protagoras (regs)
17de eeuse skildery deur Salvator Rosa in die Musée de l'Ermitage | |
Gebore | ca. 490 v.C. Abdera |
---|---|
Oorlede | ca. 420 v.C. |
Nasionaliteit | Antieke Griekeland |
Vakgebied | taal, semantiek, relatiwisme, retoriek, agnostisisme, etiek |
Beïnvloed deur | Demokritos, Parmenides |
Invloed op | Plato, Jeremy Bentham, Friedrich Nietzsche, F.C.S. Schiller |
Protagoras (Grieks: Πρωταγόρας) (ca. 490 v.C. – 420 v.C.)[1] was 'n pre-sokratiese Griekse filosoof en word onder die sofiste getel deur Plato. In sy dialoog Protagoras, skryf Plato aan hom die opstelling van die rol van die professionele sofis toe, oftewel die leraar insake deugsaamheid. Daar word verder geglo dat hy vir 'n opsienbare omstredenheid van antieke tye gesorg het, danksy sy stelling dat die mens die maatstaf sou wees vir alle dinge. Hierdie idee was baie rewolusionêr in sy tyd en strydig met ander filosofiese leringe waarvolgens die heelal op iets objektief, en buite die menslike invloedsfeer, sou berus.