Pryselastisiteit

Die pryselastisiteit van die vraag (PEV) is ’n manier in ekonomie om die prysgevoeligheid, of elastisiteit, van die vraag na ’n produk of diens te meet as net die prys verander en niks anders nie. Dit is meer presies die persentasie van die verandering in vraag in reaksie op ’n prysverandering van een persent.

Pryselastisiteit is feitlik altyd negatief. Gewoonlik word gesê die vraag na ’n produk is onelasties (of relatief onelasties) as die PEV minder as een is (in absolute waarde), dus as ’n prysverandering ’n relatief klein verandering in die vraag teweegbring. Die vraag is elasties (of relatief elasties) as die PEV groter as een is (in absolute waarde), dus as ’n prysverandering ’n relatief groot uitwerking op die vraag het.

Inkomste is maksimaal as die prys soveel verhoog word dat die PEV presies een is.


Developed by StudentB