Punies | ||
---|---|---|
Gepraat in: | (Kusdele van) Tunisië, Marokko, Algerië, die suide van Iberië, Libië, Malta | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Sentraal-Semities Noordwes-Semities Punies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | xpu
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Punies is 'n uitgestorwe Noordwes-Semitiese taal. Die taal het ontstaan uit Fenisies wat deur die Fenisiese koloniste gepraat is wat hulle op die kus van die huidige Tunisië gevestig het.
Die oudste vestiging daar was Utica (tradisionele datum 1101 v.C.). Later is dit deur Kartago oorvleuel. Die Fenisies het met die Numidiese en Berbertale van Noord-Afrika in kontak gekom en het stadig begin om van die taal van Fenisië self af te wyk. Met die Kartaagse Ryk het die taal hom oor die westelike helfte van Middellandse See versprei. Ook in Rome was dit bekend. Die Romeinse digter Plautus skryf byvoorbeeld in omtrent 200 v.C. 'n komedie Poenulus waarin 'n akteur party sinne in Punies spreek, wat dalk ook in Rome verstaan word. Aanvanklik word Punies met die Fenisiese alfabet van 22 medeklinkers geskryf. Van die tekens word later soms ook as klinkers gebruik.
Ná die vernietiging van Kartago in 146 v.C. kom Punies onder die invloed van Latyn wat die taal van die Romeinse Ryk is en neem Latynse leenwoorde op. Die neo-Puniese taal word nog tot in die 4de eeu n.C. van Libië tot Marokko aangetref. Daar is baie gegraveerde tekste, soos op grafstene in die neo-Puniese skrif wat ongelukkig moeilik leesbaar is. Daar is egter ook tekste in Latynse of Griekse skrif.
Die taal is dalk nog gepraat toe die Arabiere Tunisië verower het aan die einde van die 7de eeu en daarna vervang deur Arabies. In Maltees is daar vandag nog restante van Punies.[1]