QAnon (/ ˌkjuːəˈnɒn /) is 'n gediskrediteerde verregse samesweringsteorie wat beweer dat 'n geheime kabaal van Satanaanbiddende, kannibalistiese[1][2][3] pedofiele 'n wêreldwye kinderseks handelsring lei en teen die voormalige president van die Verenigde State, Donald Trump, geplot het terwyl hy nog in die amp was.[4] Volgens Amerikaanse aanklaers, word QAnon oor die algemeen as 'n kultus beskryf.[5]
QAnon beweer dat Trump 'n dag van afrekening, bekend as die 'Storm', beplan het, waar duisende lede van die kabaal in hegtenis geneem sou word.[6] Ondersteuners van QAnon het baie liberale Hollywood-akteurs, demokratiese politici en hooggeplaaste regeringsamptenare daarvan beskuldig dat hulle lede van die kabaal is.[7] Hulle het ook beweer dat Trump 'n sameswering met die Russe bedink het om Robert Mueller te werf om saam met hom die sekshandel te ontbloot en 'n staatsgreep deur Barack Obama, Hillary Clinton en George Soros te voorkom.[8][9]
QAnon-oortuigings het deel geword van pogings om verkiesingsuitslae omver te werp, wat uitgeloop het op die bestorming van die Amerikaanse Capitol, wat gelei het tot 'n verdere onderdrukking van QAnon-verwante inhoud op sosiale media.[10][11][12][13]
↑(en) Polantz, Katelyn (15 Januarie 2021). "US takes back its assertion that Capitol rioters wanted to 'capture and assassinate' officials". CNN. Besoek op 16 Januarie 2021. Prosecutors accuse Chansley of being a flight risk who can quickly raise money through non-traditional means as "one of the leaders and mascots of QAnon, a group commonly referred to as a cult (which preaches debunked and fictitious anti-government conspiracy theory)."