Rhodos Inheemse naam: Ρόδος | |
---|---|
Ligging van Rhodos | |
Geografie
| |
Ligging | Griekeland, Egeïese See |
Koördinate | 36°11′N 27°58′O / 36.183°N 27.967°O
|
Oppervlakte | 1 407,94 vk km
|
Administrasie | |
Griekeland | |
Streek | Suid-Egeïes
|
Hoofstad | Rhodos |
Grootste stad | Rhodos (53 709)
|
Demografie | |
Bevolking | 115 334
|
Rhodos (Grieks: Ρόδος, Ródos, uitspraak: ˈroðos) is 'n Griekse eiland ongeveer 18 km suidwes van Turkye in die oostelike Egeïese See. Dit is die grootste van die Dodekanese eilande in terme van oppervlakte en bevolking. Van die 117 007 inwoners[1] is 53 709 woonagtig in die gelyknamige hoofstad van die eiland.
Histories was Rhodos wêreldbekend om die Kolos van Rhodos, een van die Sewe wonders van die wêreld. Die middeleeuse Oustad van Rhodosstad is verklaar tot 'n Wêrelderfenisgebied. Die hoofbedryf van die eiland is toerisme.