Rooibos | |
---|---|
Rooibostee | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. linearis
|
Binomiale naam | |
Aspalathus linearis (Burm.f.) R.Dahlgren, (1963)
| |
Sinonieme | |
|
Rooibos (Aspalathus linearis) is 'n lid van die Fabaceae-familie plante, en word algemeen gebruik om kruietee van te maak. Dit behoort tot die Aspalathus plantgroep, wat bestaan uit meer as 200 spesies wat in die Sederberge van Suid-Afrika groei en endemies daar is.[2]
Die blare van die bos word geoes, gekneus en in die son gelaat om te oksideer, waarna hulle hul kenmerkende rooi kleur verkry. Hierdie produk word dan gekook of in water laat lê soos tee, om 'n drankie te maak wat beide warm en koud geniet kan word. Die produk word ook gereeld as "rooi tee" bemark. Rooibostee staan ook bekend as naald-, speld- of koopmanstee.[3]
Rooibos het ook sy opwagting gemaak in gesondheids- en skoonheidsprodukte. Dit is wyd deur die antieke San van die streek gebruik. Dit is vry van kafeïen en bevat Aspalathin, 'n geurstof wat gevind word in medisinale kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het 'n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g. Dit het min tannien (sowat 4,4 persent teenoor die 12 persent in gewone tee). Tannien belemmer die absorpsie van minerale. Rooibostee bevat ook klein hoeveelhede fluoried, kalsium en mangaan.
Japannese navorsing oor die effekte van oligosakkariede, wat ook in Rooibos gevind word, dui aan dat hierdie stowwe die immuunstelsel help om virusinfeksies af te weer.
Rooibos is ryk aan flavonoïde, antioksidante wat die optrede van Superoksied Dismutase (S.O.D.) naboots deurdat hulle vry radikale verwyder.
Ander voorgestelde voordele sluit in:
Navorsing oor die positiewe gesondheidsvoordele van rooibos word deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad befonds en ondersoek deur navorsers soos Amanda Swart aan die Universiteit Stellenbosch.[4][5][6]