Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Mecklenburg- Voorpommere |
Koördinate | 54°05′N 12°8′O / 54.083°N 12.133°O |
Stigting | Omtrent 1200 |
Stadstatus | 24 Junie 1218 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 181,26 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2017) | 208 409[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 135,4/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat [2] |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,4 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,2 / 16,8 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | 592 mm |
Burgemeester | Claus Ruhe Madsen |
Amptelike Webwerf | www.rostock.de |
Die Hansestad Rostock (Duits: [ˈʁɔstɔk], ) is 'n Noord-Duitse hawestad aan die Oossee met 'n oppervlakte van 181,26 vierkante kilometer en 'n bevolking van 208 409 (soos op 31 Desember 2017). Die stad lê in die landsdeel Mecklenburg van die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere, en die huidige stadsgebied strek oor 'n lengte van sowat 20 kilometer langs die rivierloop van die Warnow tot by die Oossee.
Die geskiedenis en argitektuur van Rostock is beïnvloed deur sy ligging aan die see, sy lidmaatskap in die Middeleeuse Hanse en die tipiese Hanseaties-Gotiese baksteenboukuns.
Rostock is die grootste stad en die kulturele en ekonomiese sentrum van Mecklenburg-Voorpommere en behoort vandag tot die belangrikste seehawens in die Oosseegebied. Die stad is tans ook een van die vernaamste plesierboothawens in Duitsland. Naas skeepsbou en seehandel steun die plaaslike ekonomie veral op die dienstesektor met toerisme en die Universiteit van Rostock as belangrike verskaffers van werksgeleenthede.