Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die S-400 Triomf (Russies: C-400 «Триумф»); is 'n nuwe generasie lugafweer / anti-missiel wapenstelsel wat ontwikkel is deur die Almaz Sentrale Ontwerp Bureau, met die doel om as opgradering van die S-300-stelsel te dien. Die NAVO-naam is SA-21 Growler, die GRAU-identifikasie is 48N6DM. Voorheen was die S-400 bekend as die S-300PMU-3. Dit is 'n grootliks verbeterde S-300 stelsel, en dermate dat dit die Amerikaanse MIM-104 Patriot oorskadu.
Die S-400 kan vliegtuie, ballistiese missiele, kruismissiele opspoor en vanaf 'n lang afstand onderskep en vernietig. Dit het die vermoë om vliegtuie met 'n klein radarspoor te identifiseer en te onderskep.