Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits |
Hoofstad: | Saarbrücken |
Stigting: | 1 Januarie 1957 (Duitse deelstaat) |
Oppervlakte: | 2 569,69 km² (13de) |
Bevolking: | 983 991[1] (15de) (31 Desember 2020) |
Bevolkingsdigtheid: | 383 inwoners / km² (5de) |
Volkslied (Landeshymne): | Saarlandlied |
Skuldlas per inwoner: | 14 796 € (31 Desember 2021) |
Totale skuldlas: | 14 559 miljard €[2] (31 Desember 2021) |
Werkloosheidsyfer: | 6,1%[3] (Maart 2022) |
ISO 3166-2: | DE-SL |
Amptelike webwerf: | www.saarland.de |
Politiek | |
Eerste minister: | Anke Rehlinger (SPD) |
Regerende partye: | SPD |
Setels in die parlement (Landtag) (51 setels) (2017: 51 setels): |
SPD 29 (2012: 17) CDU 19 (24) AfD 3 (3) |
Laaste verkiesing: | 27 Maart 2022 |
Volgende verkiesing: | 2027 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 3 (van 69) |
Kaart | |
Saarland (Duits: [ˈzaːɐ̯lantʰ]; Frans: Sarre) is 'n deelstaat in die suidweste van Duitsland. Dit grens aan die deelstaat Rynland-Palts asook aan Frankryk en Luxemburg. Saarland vorm saam met die Franse administratiewe gewes Lotaringe (Frans: Lorraine), die Groothertogdom Luxemburg, die Duitse deelstaat Rynland-Palts en die Belgiese gewes Wallonië die Europese Saar-Lor-Lux-gebied.
Saarland is in 1920 volgens die Verdrag van Versailles as 'n politieke entiteit gestig en amptelik Saarbekkengebied (Duits: Saarbeckengebiet, in die volkstaal meestal Saargebiet) genoem. Die destydse gebied was ietwat kleiner as die huidige deelstaat, aangesien die noordelike grens verder suidwaarts geleë was. Nadat die gebied vyftien jaar lank deur die Volkebond beheer is, is dit in 1935 ná 'n referendum weer by die Duitse Ryk ingelyf.
Saarland was ná die Tweede Wêreldoorlog tot 1949 'n Franse protektoraat, vervolgens 'n outonome gebied en het op 1 Januarie 1957 by die Federale Republiek van Duitsland aangesluit.