| |||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | samarium, Sm, 62 | ||||||||||||||
Chemiese reeks | lantaniede | ||||||||||||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | ||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||
Atoommassa | 150,36 (1) g/mol | ||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f66s2 | ||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 24, 8, 2 | ||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||
Toestand | vastestof | ||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 7,52 g/cm³ | ||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 7,16 g/cm³ | ||||||||||||||
Smeltpunt | 1345 K (1072 °C) | ||||||||||||||
Kookpunt | 2173 K (1900 °C) | ||||||||||||||
Smeltingswarmte | 8,62 kJ/mol | ||||||||||||||
Verdampingswarmte | 192 kJ/mol | ||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 29,54 J/(mol·K) | ||||||||||||||
| |||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||
Kristalstruktuur | romboëdries | ||||||||||||||
Ruimtegroep | R3 nommer: 166 | ||||||||||||||
Strukturbericht-kode | C19 | ||||||||||||||
Oksidasietoestande | 1, 2, 3, 4 (matige basiese oksied) | ||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 1,17 (Skaal van Pauling) |
Samarium is 'n chemiese element wat tot die lantaniede behoort.
Samarium is 'n silwerwit metaal. Dit is in 1879 deur Paul-Émile Lecoq de Boisbaudran ontdek. Die mineraal samarskiet, waaruit samarium die eerste keer geïsoleer is, is vernoem na kolonel Samarsky, 'n Russiese mynbeampte. [1]
Die metaal is relatief stabiel by kamertemperatuur in droë lug, maar dit ontbrand wanneer dit bo 150 °C verhit word en vorm 'n oksiedbedekking in klam lug. Soos europium het samarium 'n relatief stabiele oksidasietoestand (II).[2]
Samarium is die vyfde volopste van die lantaniede en is byna vier keer so algemeen as tin. Dit word nooit vry in die natuur gevind nie, maar is vervat in baie minerale, insluitend monasiet, bastnäsiet en samarskiet. Samariumbevattende ertse word gevind in die VSA, China, Brasilië, Indië, Australië en Sri Lanka. Wêreldproduksie van samariumoksied is ongeveer 700 ton per jaar en wêreldwye reserwes word op ongeveer 2 miljoen ton geraam.[2]
<ref>
tag; no text was provided for refs named RSC