'n Sel is die strukturele en funksionele eenheid van alle bekende lewende organismes. Dit is die kleinste eenheid van 'n organisme wat as "lewendig" geklassifiseer word. Sommige organismes, soos die meeste bakterië, is eensellig, terwyl ander, soos mense, veelsellig is. Mense het 'n beraamde 100 000 miljard of 1014 selle en 'n tipiese sel het 'n grootte van 10 mikrometer en 'n massa van 1 nanogram. Die grootste sel is 'n onbevrugte volstruiseier.
Die selteorie, oorspronklik voorgestel in 1839 deur Schleiden en Schwann, meld dat:
Die woord "sel" is afkomstig van die Latynse cellula, wat "klein kamer" beteken. Hierdie beskrywende naam is deur Robert Hooke gekies in sy 1665-boek waarin hy die kurkselle wat hy deur 'n mikroskoop waargeneem het vergelyk het met die klein kamers waarin monnike lewe.