Sic ("so", "net so"; in vol: sic erat scriptum, "so is dit geskryf") is 'n bywoord van Latynse oorsprong wat gebruik word om 'n woordelikse aanhaling aan te dui. Dit word meestal gebruik in sitate om aan te dui dat die oorspronklike outeur dit self so gestel het.
Wanneer sic gebruik word, moet geen uitroepteken, dit wil sê "sic!", gebruik word nie.[1]