Sjikokoe Inheemse naam: 四国 | |
---|---|
Shikoku-eiland, Japan | |
Geografie
| |
Ligging | Oos-Asië |
Koördinate | 33°45′N 133°30′O / 33.750°N 133.500°O |
Argipel | Japanse Argipel
|
Oppervlakte | 18 800 km² |
Hoogste punt | Ishizuchi 1 982 m |
Administrasie | |
Japan | |
Prefekture | Ehime, Kagawa, Kochi, Tokushima
|
Grootste stad | Matsuyama (514 865)
|
Demografie | |
Bevolking | 3 845 534
|
Bevolkingsgroepe | Japanners |
Sjikokoe (Japannees: 四国, , letterlik: "Vier provinsies") is die kleinste (225 km lank en tussen 50 km en 150 km wyd) en het die kleinste bevolking (3 845 534 teen 2015) van die vier hoofeilande van Japan. Dit is suid van die eiland Honsjoe en oos van Kioesjoe geleë. Die eiland se antieke name sluit in Iyo-no-futana-shima (伊予之二名島), Iyo-shima (伊予島) en Futana-shima (二名島). Die huidige naam verwys na die vier voormalige provinsies waaruit die eiland bestaan het: Awa, Tosa, Sanuki en Iyo.
Sjikokoe vorm saam met Hokkaido, Honsjoe en Kioesjoe die vier hoofeilande van die Japanse Argipel tussen die See van Japan in die weste en die oop Stille Oseaan in die ooste. Dié eiland grens in die noorde aan die Binnelandse See en in die suide aan die Filippynse See.[1]
Sjikokoe se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.
Shikoku is 225 km lank en tussen 50 en 150 km breed.[2]