Subklas van | struktuur met ontwikkelingsbydrae van die neurale kruin, particular anatomical entity, subdivision of skeletal system |
---|---|
Onderdeel van | axial skeleton |
Anatomical location | kop |
Arterial supply | internal carotid artery, external carotid artery, right common carotid artery |
Verbind met | cervical spine |
Ground level 360 degree view URL | https://www.zygotebody.com/#nav=0.75,126.89,58.47,0,0,0,0&sel=p:;h:;s:1059;c:-0.6;o:-0.75&layers=0,1,6250 |
NCI Thesaurus ID | C12789 |
Unicode-karakter | 💀 |
In die mediese vakterminologie verwys skedel (Latyn: "cranium", Grieks: "kranion") na die skelet van die kop. Dit bestaan uit dekbeendere. 'n Mens onderskei die harsingskedel wat die dop vorm waarin die harsings lê, en die gesigskedel.
Funksies van die skedel sluit in die beskerming van die brein, die afstand tussen die oë om stereoskopiese visie toe te laat, en die posisie van die ore vas te stel om die geluidlokalisering van die rigting en die afstand van klanke in staat te stel.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Skedel. |
Sien skedel in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Die skelet van die kop van gewerweldes, waarvan die kake deel uitmaak, word die skedel genoem. Die harsings is in die skedelholte geleë. Dierskedels ondergaan verskillende ontwikkelingstadia en toon ook verskillende vorme by die verskillende diergroepe. By die mens ondergaan die skedel dieselfde ontwikkelingstadia en die vorm daarvan het dieselfde basiese struktuur.
Die vorm wat die skedel by die mens en die dier aanneem, word deur veral ontwikkeling van die reukorgaan, die gebit en die brein of harsings bepaal. Drie dele word by die skedel onderskei, naamlik die harsingskedel (neurokranium), die visserokranium en die dermatokranium. By die mens kan 'n ander indeling gevolg word wat nie op die ontwikkeling van die brein gegrond is nie, naamlik die verdeling in 'n neurokranium (breinskedel) en 'n gesigskedel.
Die neurokranium (harsingskedel) omsluit die brein. In sy embrionale ontwikkeling bestaan die neurokranium uit kraakbeen. Hierna tree ossifikasie of verbening van die kraakbeen in, wat verantwoordelik is vir die hardheid van die skedel. Die skedelbasis vorm deel van die neurokranium. Die visserokranium is die deel wat die mondholte en esofagus omsluit en waaruit die bo- en onderkaak ontwikkel.
Die dermatokranium (dekbene van die skedel) bestaan uit benige plate wat onmiddellik as been neergelê word. Hier vind geen ossifikasie van kraakbeen plaas nie. Die dermalokranium vervang of bedek dele van die neurokranium, By werweldiere is die ontwikkeling van die skedel min of meer dieselfde.