Skoonheid is 'n eienskap van 'n dier, idee, voorwerp, persoon of plek wat 'n perseptuele ervaring van genot of bevrediging verskaf. Skoonheid word as 'n afdeling van estetika, kultuur, sosiale sielkunde, filosofie en sosiologie bestudeer.
Lelikheid word as die teenoorgestelde van skoonheid beskou.
Aangesien dit 'n subjektiewe ervaring kan wees, word daar dikwels gesê: "beauty is in the eye of the beholder" (oftewel "elkeen weet wat vir hom/haar mooi is").[1]