Spartacus | |
---|---|
Beeld van Spartacus deur Denis Foyatier in die Louvre | |
Gebore | ca. 111/109 v.C. |
Sterf | ca. 71 v.C. by Senerchia |
Jare aktief | 73−71 v.C. |
Spartacus was 'n gladiator uit die Romeinse Republiek wat in die jare 73 tot 71 v.C. 'n groot slaweopstand gelei het. Sy leër van ontsnapte slawe het in verskillende veldslae teen die Romeinse leër te staan gekom. In die Romeinse Republiek het daar reeds voorafgaande slawe-opstande plaasgevind wat weldra bekend sou staan as die "Slaweoorloë". Hierdie opstand was die laaste en grootste en sou mettertyd bekendstaan as die Derde Slaweoorlog. Dit is egter te betwyfel of die werklike doelwit van die opstand die totnietmaking van slawerny was.[1]