Spektroskopie is ’n versamelnaam vir wetenskaplike tegnieke om die wisselwerking tussen materie en stralingsenergie te ondersoek.[1][2]
Histories was spektroskopie die bestudering van sigbare lig wat volgens hul golflengtes deur ’n prisma versprei word. Later is die begrip heelwat uitgebrei om enige wisselwerking met stralingsenergie as ’n funksie van sy golflengte of frekwensie in te sluit.
Spektroskopiese tegnieke word toegepas in die natuurkunde, analitiese skeikunde en fisiese chemie om die eienskappe van saamgestelde molekulêre, atoom- of subatoom-stelsels te bepaal.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)